Hallo Elizabeth en Francois! Ag, ek het nou pas weer geluister na
julle wonderlike musiek op jul treffer-CD met die naam GROOTSTE TREFFERS OOIT VAN F EN E.
Julle was 'n paar jaar gelede ook
hier by ons en ek sien geweldig uit na julle koms in September. Julle sing pragtig saam, is 'n
sangpaar wat liefde en geluk uitstraal en die lirieke is ongelooflik mooi.Ek het onlangs ook weer die lekker DVD gespeel.Ons sal altyd die ou treffers soos CARINA, MEER AS WOORDE, DROME VAN
GISTER, ag te veel om te noem, wil hoor. Vrede vir julle. Ons sien uit na
julle koms. Ek wens eintlik ek kon op 'n manier gratis reklame vir julle koms doen. Dit word wel Sondae
op die skerm in die kerk gewys, maar ek hoop mense in ons buur gemeentes neem ook kennis
van julle koms.Geniet julle toer! Vriendelike groete Paul Theron
|