My God, die aandblom hoef mos nie so soet te geruik het nie?
Ons sou die varsheid van kruisement en pronkertjies
mos nie gemis het, as ons dit nooit geken het nie?
Rose sou mos nog steeds rose gewees het
Al het hulle geur nie so soet in die skemer gehang nie
Maar U het gespreek dat daar geur sou wees…
Dat ons blydskap sou vind deur dit wat onsigbaar is, in te asem
Die geur van die aarde, is die geur van U liefde |