MOENIE MET OU TANNIES MORS NIE
‘n Ouerige dame word eendag afgetrek omdat sy te vinnig ry…
Is daar ‘n probleem, Konstabel? vra sy
Konstabel: Mevrou, u het te vinnig gery. Dame: O, ek sien. Konstabel: Kan ek u bestuurslisensie sien asseblief?
Ouer dame: Ek sou dit vir jou gee, maar nou het ek nie een nie.
Konstabel: Het nie een nie???
Dame: Het dit 4 jaar gelede al verloor weens dronkbestuur. Konstabel: O… kan ek dan u motor registasiedokumente sien asseblief. Ouer dame: Dit kan ek nie doen nie. Konstabel: Hoekom nie? Dame: Want ek het die kar gesteel! Konstabel: Gesteel??? Dame: Ja, en ek het die eienaar vermoor.
Konstabel: U het WATTT??? Dame: Hy’s in ‘n plastieksak agter in die kar, as jy wil kyk?
Die konstabel tree versigtig agteruit, en roep versterking in oor sy radio.
‘n Senior polisieman met 5 ekstra ander polisie voertuie arriver binne 5 minute op die toneel. Die senior polisieman kom versigtig nader, sy hand op sy pistool, net vir ingeval… Polisieman: Mevrou, klim asseblief uit die voertuig uit!
Die dame klim uit. Is daar ‘n probleem Meneer? Polisieman: Hierdie konstabel beweer dat jy hierdie motor gesteel en die eienaar vermoor het. Ouer Dame: VERMOOR??? Polisieman: Ja. Maak asseblief die kattebak oop, Mevrou. Die dame maak oop, maar daar is niks nie.
Polisieman: Is hierdie voertuig u s’n Mevrou? Ouer dame: Natuurlik, hier is die registrasiepapiere. Die polisieman is heel verward. Hierdie konstabel beweer dat jy geen lisensie het nie?
Die dame vroetel in haar handsak en kom met ‘n wettige bestuurslisensie vorendag. Die polisieman inspekteer die lisensie – nou is hy nog meer verward.
Polisieman: Jammer mevrou, maar hierdie konstabel het beweer dat jy nie ‘n lisensie het nie, dat jy die motor gesteel en die eienaar vermoor het?
Ouer dame: Gmf, ek wed jou hy’t ook gesê dat ek te vinnig gery het!!! |