LIEFDE IS SO
MAKLIK OM UIT TE KEN
Die jaar wat die
nuwe Volkswagen Kewer uitgekom het, het my skoonma vir haar ene gekoop. Hulle
is mos die heel oulikste karretjies. Sy het vir haar ‘n pikswartetjie gekoop,
met ‘n blomfasie vol helder pienk blommetjies in die voorruit - haar kenteken.
Die karretjie se naam was Sophia. My kinders het Ouma se karretjie sommer op ‘n
afstand geken en selfs my eenjarige kon Ouma raaksien tussen baie ander karre
op die pad.
Oral waar ons
gery het, het die kinders die Kewertjies uitgeken: rooies, geles, bloues, en
heldergroenes. En dan sou hulle uitroep:
"Ons sien ‘n karretjie soos Ouma s'n! Is dit Ouma?"
Jesus leer ons in
die Woord dat ons, as gevolg van ons liefde vir mekaar en ander, maklik
uitgeken sal kan
word in hierdie wêreld. Net soos dit maklik is om ‘n Volkswagen Kewer uit te
ken op die paaie. Ons sal uitstaan omdat ons anders is.
"Dis is hoe die
mense sal weet dat julle My dissipels is - as julle mekaar liefhet" , het Hy
gesê.
|