want sien, ek is gebore in 'n huis waar ons bid voor ons eet.
Gebore in 'n huis vol gedigte sonder vloekwoorde en musiek sonder mineur note.
Maar, die gedigte is sonder betekenins, want ons is stom
en die musiek sonder klank, want ons is doof
en die tuin sonder kleur, want ons is blind
en die lente sonder reuk, want ons lei aan anosmia
want sien, ek is gebore in 'n huis waar ons bid voor ons eet -
sonder om te weet hoe God se kos proe
-Amy de Wet, wenner van ATKV gedigte kompetisie se Senior afdeling.
|