Blaise Pascall (1623-1662) was onder andere 'n beroemde
wiskundige, 'n fisikus asook die ontwerper van die eerste rekenmasjien, die
“Blaise Pascaline”.Hy het dit waarin hy geglo het op 'n stukkie papier
neergeskryf. Na sy dood is hierdie stukkie papier in die voering van sy
pak klere gevind. Die stukkie papier het hom konstant herinner aan dit waarin
hy geglo het. Hy dit altyd by hom gehad en soos hy pakke verander het,
seker gemaak dat dit in die voering van sy pak was. Hier volg 'n vrye vertaling van dit wat hy neergeskryf het:
God van Abraham, God van Isak, God van Jakob. Oortuiging. Blydskap. Vrede. God van Jesus Christus
My God en jou God, jou God sal my God wees
Vergeet die wêreld, vergeet alles, behalwe God. Hy kan slegs gevind word in die leringe van die Evangelie.
Regverdige Vader, die wêreld het U nie geken nie, maar ek het U
geken. Blydskap, blydskap, blydskap, trane van vreugde.
Dit is die ewige lewe: dat ons U ken, die ware, enigste God, en
die Een wat U gestuur het, Jesus Christus. Volkome oorgawe aan Jesus Christus
Ewige vrede vir die voorreg van 'n dag op aarde. Mag ek nooit u woorde vergeet nie. AMEN
|