Jannie is drie jaar oud. Sy ma wil nie 'n gewoonte daarvan maak om elke keer as sy winkel toe gaan vir hom 'n lekkertjie te koop nie. Daarom waarsku sy hom toe, terwyl sy hom in die waentjie sit: "Jannie, Mamma gaan nie vandag vir jou 'n lekkertjie koop nie. Moenie lus word vir 'n lekkertjie nie, en moenie eers vir die lekkertjies kyk nie!" Toe sy 'n rukkie later die waentjie verby die lekkergoed rak stoot, hou Jannie sy handjies so styf oor sy ogies en roep: "Mamma! Ek kyk nie vir die lekkertjies nie; die lekkertjies kyk vir MY!!! "
|