Herfsblare en heuning…
koperpotte in die son;
en die kleur van ‘n persiese kat se oë
Alles is ons s’n, wanneer ons uiteindelik verstaan:
Ons is mooi genoeg, nes ons is;
Ons is goed genoeg, wanneer ons ons beste self is.
Ons het genoeg, ons leef, ons word bemin, ons het lief, ons
kan nog droom.
Die pot goud is toe nie aan die voet van die reënboog begrawe nie.
Dis hier, sommer net hier waar ‘n baba uit sy keeltjie lag
Hier, waar twee paar oë ontmoet
Hier, waar ek weer eens besluit:
Sonneblomme is die mooiste blomme op die hele aarde;
Die pot vol goud is naby …
Hier, waar ek prewel: Dankie, Here!
|