Mag jy nooit jou sin vir verwondering verloor nie
Mag jy altyd genoeg hê om te eet... maar altyd daardie honger behou
Mag jy nooit een asemteug as vanselfsprekend aanvaar nie
Mag God gee dat die liefde jou nooit met leë hande agterlaat nie
Mag daar een deur oopgaan as ‘n ander toeslaan
Mag jy geloof ‘n stewige kans gee
En as jy die keuse het om te sit, of te dans, …
Dan hoop ek jy dans ; ek hoop jy dans …
Mag jy nooit die berge op die horison vrees nie
Mag jy nooit die weg van die minste weerstand volg nie
Mag jy weet – om te leef, beteken om soms te waag,
...Maar dit is die moeite werd
Mag God gee dat ‘n hartvogtige hart jou nie bitter laat word nie
Mag God gee, dat as jy moed wil opgee, jy wéer sal dink
Mag jy die Hemel bokant jou,meer as net ‘n vinnige kyk gee
En wanneer jy die keuse het om te sit,of om te dans,
dan hoop ek jy dans … ek hoop jy dans….!
|