So hou ons verlede Saterdag 'n wonderlike Kers-sangaand in Fauresmith. Man en muis is daar, met lekker koffie en koek na die tyd.'n Dogtertjie kom my toe. "Tannie het baie mooi gesing" , lewer sy kommentaar. Ek heg waarde aan kinders se mening, en ek voel gevlei deur haar opmerking.
"Dankie! " antwoord ek. "Ek is so bly jy het ook gekom om te kom luister!"
Haar ogies kyk stip na my. "Nee, Tannie, dis nie hoekom ek gekom het nie. Ek is hier omdat ek BAIE van koeksisters hou."
Sonder skroom of doekies omdraai. Daar val my eie-trots woeps! op die grond. Fauresmith -eerlikheid is, net soos die omgewing, baie opreg ... wat jy sien is wat jy kry, en as jy dit nie kan vat nie, moenie bly nie!!!
|