Here, laat my keel, soos die van ‘n tortel, U met sonop loof
Bewaar my van dae wat laat en chaoties begin
Bewaar my, nie net van vroeg-oggend se slagvelde nie –
Maar veral van dae, wat soos oorvol koffiebekers,
gevul is met luide musiek, verknegtende tv, en allerande wegdoenbaarhede
Want ‘n dag wat met ‘n lofpsalm begin
kan nie anders as om 'n ster-dag te wees nie...
Dit is ‘n dag waarin God self aan jou sy is
Waarin Hy jou dra as jy nie verder
kan nie
Waarin Hy jou krag skenk as jou eie krag wil ingee
Waarin Hy Sy liefde oor jou uitstort, en Sy genade jou aanbied.
Dit is ‘n vreugdedag omdat dit met ‘n vreugdelied aan God begin is!
|