Hierdie winter is dit so stil, dat hulle wat luister
die Noordewind in die klowe hoor aankom
en die ryp in die donker hoor vorm
Hoe nodig is die dood van bekende dinge,
die afstroop van blare;
Hoe nodig is die stilte ,waarin ons ons eie hartklop hoor,
en ons gedagtes, tydsaam soos staligmiete,
in die kamers van ons eie gees sien ontwikkel …
Om by ons self uit te kom, en te weet wie ons is,
het ons die winter nodig
|