HALLO HALLO HALLO!
Dis 'n lekker daggie, nê? Wakkerwordjies, dit kan nog mooi raak hier rond! Lag diep uit die maag en skreeu:
WêRELD, EK IS HIER!!
Agge nee, watse lang gesig is dit? kry 'n koffietjie en soek die blydskap diep daarbinne! Sit daardie glimlaggie op en hardloop die lewe tegemoet! Jy kan besluit hoe jy wil wees: treurjannie, hardgebak, of vrolik en bly!
WAT'S JOU KEUSE, HU??
Lig daai koppie en laatwaai, Meraai! wees positief! Besluit jy gaan nie lê nie niks gaan jou vandag onderkry nie!
EN WEET JY WAT ...
Ons is ryk en geseënd want ons is gesond, ons kan sien, hoor, praat, dink - ons het werk, en kossies en kleertjies en bedjies en
BO ALLES:
ONS HET GOD, ONS BESTE VRIEND!
Mag die son skyn in jou hartjie vandag!
Alles van die beste!
|