Ek gooi my luike wawyd oop…
My oe kuier by die vlamrooi dag
Vinke flikflooi kordaat in die vroegte, my mond kry vanself sy lag.
My gedagtes klim op na die berge, ‘n rokie steier in die lug,
net waar die wilde eendvoel opstyg en sy vlerke uitsprei in sy vlug.
My ore is met die jongdag aan’t luister
Na die aarde se diep hart geklop.
Die oggendwind draf oor die grassaad; die wereld kruip uit sy dop.
Ek stoot my vensterrame hoog op - my hart wil jubel, wil juig!
Ek kry vir my ‘n plekkie eenkant om voor die Allerhoogste te buig
HESTER HEESE
|