NET VIR NOU 2
Net vir vanoggend, gaan ek bo-oor die vuil wasgoed klim, jou optel en jou parkie toe vat om te gaan swaai.
Net vir vanoggend, gaan ek die skottelgoed los, en jou kansgee om vir my te wys hoe jy jou legkaart bou.
Net vir vanoggend, gaan ek die telefoon uitprop en die rekenaar afskakel, en saam met jou sit en borrels blaas.
Net vir vanmiddag gaan ek nie eenkeer kwaai met jou praat nie, en as die roomyskarretjie verbykom en jy vra jy wil een hê, gaan ek jou toelaat om te kies net watter een jy wil.
Net vir vanmiddag gaan ek nie bekommerd wees oor wat van jou gaan word as jy groot is nie, en my nie verknies of ek ooit altyd die regte besluite vir jou geneem het nie
Net vir vanmiddag gaan ek jou toelaat om saam met my koekies te bak, sonder om vies te word as jy mors, en sonder om jou kinder-poging elke keer te probeer regmaak
Net vir vanaand gaan ek jou in my arms hou, en jou die storie vertel van hoe jy in my lewe gekom het en hoe bly ek daaroor is
Net vir vanaand
kan
jy spat in die bad soveel as wat jy wil, want ek gaan nie raas nie
Net vir vanaand sal ek jou laat laat wakkerbly … dan sit ons op die stoep en tel al die sterretjies
Net vir vanaand gaan ek snoesig saam in jou bedjie lê tot jy slaap, al mis ek ook my geliefde tv program
Net vir vanaand gaan ek my vingers deur jou hare krul as ons bid, en gaan ek net dankbaar wees dat God jou vir my gegee het - die grootste geskenk ooit
En ek sal dink aan al die pappas en mammas, wat op soek is na verlore kinders, en aan pappas en mammas wat hulle kinders se grafte besoek in plaas van hulle kamers, en aan die mammas en pappas wat hulle kinders in die hospitaal sien ly omdat hulle siek is – mammas en pappas wat binne in skree, omdat hulle dit nie meer kan aanskou nie.
En dan gaan ek jou nagsê met ‘n soentjie, en jou nog ‘n rukkie vashou.
Dit is dan wanneer ek God vir niks anders sal vra nie , as net vir nog een dag ….
|