Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Wednesday, May 12, 2021
[2] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Lekker gesels met Maroela Media!
Hiermee dan die skakel na die artikel en sy podsending op Maroela Media wat oor die naweek by ons verskyn het: https://

Lees Verder...


Pitkos


vandag ...
Ek en jy het iets vir onsself te sê: van vandag af gooi ek die luike van my lewe oop. Nou het ek genoeg gehad va

Lees Verder...


Terugvoering


rsg, Februarie 2021
Francois en Elizabeth, Baie dankie vie julle program verlede week op RSG. Ek het my kinders vooraf laat weet en ons he

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


December 20, 2010
ONS IS OP DKNT!

Ons gesels oor 21 jaar in die musiekbedryf en oor HARTSPORE in die musiekprogram DKNT, KykNet kanaal 111, op Kersdag 25 Des om 20h00. Kyk na die pragtige ou huisie in ons video DROME VAN GISTER. Die huisie staan op 'n melkplaas in die Tsitsikamma en het al menige fotograaf en skilder se verbeelding aangegryp. Ons was bederf met die mooiste skemeraand, en perfekte lig, die dag toe ons video daar opgeneem is. Mens kry dit nie altyd so mooi nie! Op Sondag 26 Desember is daar 'n herhalingsprogram van DKNT om 14h00.


December 2, 2010
ONS KUIER IN MOSSELBAAI!

Die ACVV van Mosselbaai het 'n mooi ding gereel vir die bejaardes van die dorp... 'n Kers-tee in Mosselbaai Moederkerk op Woensdag 8 Desember. Dit begin 10h00 en almal is welkom! Ons program is 'n lekker verskeidenheid van ligte- en Kersliedjies, en HARTSPORE-DVD is beskikbaar teen ons spesiale afslag-prys van R120 vir bejaardes.Bel vir Daleen by 0820561254 .

Ons kuier by SuidKaap Stereo, om 11h00 op die 7de Desember, en dan kan die Grook Brakkers hulle regmaak vir Kuns, Kuier en Konsert op Woensdag aand 8 Desember om 19h00 by Theatre@Brak. Kry jou kaartjie, wat 'n ete insluit, by Dries v d Walt, 0825585244.

SIEN JULLE DAAR!   




Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2019 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za