Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Tuesday, May 18, 2021
[3] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Lekker gesels met Maroela Media!
Hiermee dan die skakel na die artikel en sy podsending op Maroela Media wat oor die naweek by ons verskyn het: https://

Lees Verder...


Pitkos


vandag ...
Ek en jy het iets vir onsself te sê: van vandag af gooi ek die luike van my lewe oop. Nou het ek genoeg gehad va

Lees Verder...


Terugvoering


rsg, Februarie 2021
Francois en Elizabeth, Baie dankie vie julle program verlede week op RSG. Ek het my kinders vooraf laat weet en ons he

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


April 1, 2009
dis net genade ...

So toer ons verlede week in die lekker ou Kaap.
En hulle koop ons cd's op, die mense van Durbanville.
En ons moet nog Kuilsrvier toe vir twee optredes oor die naweek! My oog vang (?toevallig?) die een enkele GROOTSTE GOSPEL TREFFERS cd onder in ons voorraad boks. En eerste ding, die Saterdagoggend in Kuilsrivier , kom vra 'n oom my na 'n spesifieke liedjie, wat ek weet op daardie dubbelalbum is. Ek gryp vinnig die cd en hou hom eenkant vir die oom. ...wat dit later in groot dankbaarheid by my kom koop.
Die  volgende oggend doen ons 'n sang erediens in dieselfde gemeente - die Eike. Op pad wil ons vinnig stemme losmaak op ons backtrack cd, maar helaas, tot ons ontsteltenis kom ons agter, die cd het nooit opgeneem nie. Daar sit ons, sonder ons begeleiding. Dis 'n uur voor die tyd, en die mense kom al in... nou moet ons vinnig dink en 'n plan maak. Ons besluit om dan maar gewone cd's as "begeleiding " te gebruik, maar nouja, ons is feitlik uitverkoop, en veral die GROOTSTE GOSPEL TREFFERS album is baie nodig. die meeste van die liedere wat ons moet sing, is juis daarop.
Nee, sy ken die oom wat daardie laaste ene by my gekoop het, die vorige dag, vertel dierbare Mariaan wat in die kerk kantoor werk. Sy bel hom gou, dat hy dit kan saambring kerktoe.  En daar kom die oom met sy gospel treffers cd tot ons redding.
Nou vra ek net ... bly so 'n cd "toevallig" agter in 'n voorraad boks? ...
Ek gee julle te raaie wat was ons tema vir die sang erediens daar in Kuilsrivier.
Die diens se titel was:
"DIS NET GENADE"




Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2019 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za