Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Monday, September 24, 2018
[4] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


LOFSING DIE OPGESTANE JESUS!
Saterdag aand loof ons die HERE saam met die EGKerk by Eden kampterrein, Moloto, buite Pretoria. Wat 'n voorreg. 

Lees Verder...


Pitkos


saam gevat
bo pad, onder pad altyd-aan-die-wonder pad op al jou lewenspaaie het jy my saam gevat son pad, sukkel pad in-liefde

Lees Verder...


Terugvoering


Nicolette, Aliwal Noord
Hello daar! Ek en my suster het groot geword met julle musiek, dit was ons hoogtepunt van die jaar wanneer Francios &a

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


April 5, 2018
saam gevat

bo pad, onder pad

altyd-aan-die-wonder pad

op al jou lewenspaaie

het jy my saam gevat

son pad, sukkel pad

in-liefde-toegewikkel pad

op al jou lewenspaaie

het jy my saam gevat


March 29, 2018
Paaswens

Mag die Heilige Gees in die Paastyd

ons huise vul met Lig;

Ons gedagtes vul met liefde en goedheid;

en ons werke verander tot skoonheid

Geseend vir julle almal!


March 9, 2018
Thank God...

...for the way HE made you. You are special, distinct, and unique. You were not made from a common mold - Erwin Lutzer


February 1, 2018
DIE WINDPOMP

Dis droog.

Ek het met U gepraat.

My gebede is 'n handvol saad - so lank gelede reeds het ek dit in U tuin gesaai.

Ek wag, my Heer.

Die stilte lê Karoo-wyd tussen U en my

Die reën bly weg.

U tap die wolke oor U ander kinders leeg; van my, het U vergeet, terwyl ek bakhand ook 'n druppel bedel ...

Toe hou ek op met kla, en vra vergifnis vir my afguns.U weet mos self wanneer my beurt moet kom!

En so, my Heer, op U eie tyd, breek U die water-aar.... 

My put raak vol - my windpomp draai al singend in die wind!

Die toegewaaide sand wek U tot lewe

Hoe lieflik blom dit in my paradys!

(Onbekend)


November 16, 2017
om te lag ...

of all the things God created, I am often most greatful He created laughter   -  Charles Swindall


October 31, 2017
Daar is ALTYD iemand wat jou lief het!

Inspirasie


October 23, 2017
Oktober Tee, NGKerk Witbank Vallei

Baie dankie Francois en Elizabeth Fourie dat julle deel kon gewees het van ons projek kanker nasorg met die tema Dankbaarheid. Julle het ons baie lekker vermaak julle het ons baie laat lag en hier en daar iemand wat ñ traan gepik het. Julle twee is ñ pragtige sangpaar en dankie vir n geseënde vroue oggend.    Geseënde daggie verder en veilige rit terug. Groete Gerda


September 29, 2017
DIE SKEWE TOONTJIE BOODSKAP

Ons dogter bel 'n net mooi toe ons oppad is om die klank te gaan opstel by Groot Brakrivier, so twee weke gelede. Ons ou kleindogtertjie  sou moontlik 'n operasie moes ondergaan, sy is maar 8 maande. Dis altyd swaar as mens se kind hartseer is en jy is te ver om te kan troos of vashou ... en terwyl jy weet, jy moet binnekort mooi-lyk en lag en bly-wees op die verhoog. Ek kan self nie my trane terughou nie. So kom ons by die saal aan en die vriendelike organiseerder neem my na die plekkie wat hulle vir ons ingerig het waar ons kan regmaak en teedrink voor die vertoning. Dis die kinderkerk se klaskamer. Ek stap in - en teen die oorkantste muur, 'n groot prent geverf met kindertjies wat speel, en bome, blommetjies, gras, wolkies en 'n son. En Jesus sit daar op 'n klip, met 'n dogtertjie op sy skoot. Ek kyk stip na die dogtertjie ... sy lyk vir my dan net soos ons Lize! En skielik onthou ek: ek het haar dan ingedra met haar doop. Ek het haar dan fisies na Jesus toe aangedra... hoe kan ek ooit twyfel? Wat ookal vir haar en vir ons voorle - sy sit op Jesus se skoot! Ek stap nader, wil so graag aan haar raak - en toe sien ek die skewe groot-toontjie wat so punt in die wind staan waar dit by die Moses-plakkie uitsteek. En ek dink - ons Lize het ook so 'n punt-in-die-wind groot-toontjie, hy staan altyd so effens skeef na die een kant toe! 'n Groot vrede spoel oor my. Jesus het my self kom vertroos, en ek was dadelik beter. Nodeloos om te se: die konsert was 'n absolute hoogtepunt. 'n Paar dae later bel Minnette. Die neuro-chirurg se daar sal nie 'n operasie nodig wees nie. Dit sal vanself regkom, soos sy opgroei. God is SO groot. Prys Hom!


August 26, 2017
Vriende is 'n vreugde in die lewe

My friends have made the story of my life. In a thousand ways they have turned my limitations into beautiful priviledges - and enabled me to walk serene and happy in the shadow cast by my depriviation - Helen Keller


July 28, 2017
met U voete

Dit is met U voete

wat ek loop

O God van my lewe

My liggaam, wat hier beweeg

is U werktuig – tot U eer

U dink in my gedagtes....

Dit is U stem

wat oor my lippe sing

U skoonheid is voor my

en U skoonheid volg my

bo my en langs my

fladder die vlinder

van U nabyheid

Op my pad is U

om my en in my

In my jeug ontdek ek dit

In my ouderdom vergeet ek dit nie

Daarom stap ek die voetpad van my lewe

met vreugde

Want U het dit reeds

vir my uitgetrap


July 20, 2017
brandhout

Brandhout  

Hierdie dag se glorie, hierdie somer – uur

Hierdie is my brandhout  vir my wintervuur

Hierdie stukkie vreugde, hierdie slukkie wyn

Hierdie is my brandhout vir latenstyd se pyn

 

Want eendag as ek oud is en iewers eenkant bly

gaan ek op herhinnering se spoor

Dan bring die somer-brandhout die warmte weer na my

en leef ek daardie lekker tyd weer oor

 

Elke flenter liefde, elke volmaan aand

Elke warm glimlag, laat oudag-vure brand

Elke stukkie saamwees, elke sonnestraal

word in my hart gestapel

om later uit te haal...

 

E Fourie

Skuitbaai Julie 2017


June 19, 2017
Of all things ...

"Of all the things God created, I am often most grateful He created laughter"  - Charles Swindoll


May 22, 2017
Dit laat mens dink, ne!

Ek vertel hierdie storie tong-in-die-kies, en deel graag die humor daarvan met julle.

Op 'n onlangse oggendkonsert vir ouer mense, word ek na die tyd gehaal om 'n tannie te gaan groet. Sy is in 'n rystoel en kan nie self na my toe kom nie, maar wil my graag iets vra, se die persoon wat my kom haal. Die tannie praat so ewe Engels ..."Oh Elizabeth, you sang so nicely!", juig die tannie. "... And Elizabeth - oh ... you danced so nicely!!" , voeg sy by ... "Elizabeth, I enjoyed the morning with all of my heart!!! "  Ek is skoon oorweldig deur die tannie se entoesiastiese terugvoer. "Elizabeth, I would like to ask you something .... "  Ek is die ene ore - "Elizabeth, do you perhaps sell any Kurt Darren cd's...? " 


April 12, 2017
Geseende paasfees!

Hy is die Groter Liefde

my Lewensbrood, my Wyn

my Waarheid en my Wysheid

my Môrester wat skyn

Hy kom weer op die wolke

en elke knie sal buig

Dié wat Hom gevolg het

sal ewig jubel en juig!

     ************

Geseënde Paasfees!!

 


April 8, 2017
Briefie van ver

In die week kry ons hierdie epos ... "Hallo Elizabeth und Francois,mein Name ist Vili und meine Tochter Annelie. Wir kommen aus Tschechien. Wir singen sehr gerne in our Church in Karvina. Eure Lieder und Musikart ist einfach Mega!! Wir möchten euch fragen, ob es möglich ist bei euch die Playbacks zu den Liedern "Ek roep u naam" und "What a lovely name-medley" zu kaufen?
Wir würden euch sehr sehr dankbar sein.Gott segne eure Arbeit und Musik! Eure Annelie und Vili"

Hulle woon in Tjeggië, in 'n dorpie met die naam Karvina, waar hulle gereeld in hulle kerk sing en graag van ons begeleidingsnitte wil aankoop. En ons dink - hoe wonderlik ... in ver, vreemde lande, daar mense wat in hulle kerk sing, nes ons, en wat ons musiek ken, en die HERE ken, en oor ons die seën van ons selfde God, afbid.

Dit wys jou net - hou aan om jou lewens-lied te sing. Daar is mense wat hoor. Jy sal dalk net nooit weet nie.




Archives

 

Pitkos
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za