Liewe Francois en Elizabeth, Daar spring jy my voor om dankie te sê vir ‘n heerlike oggend saam met julle twee. Ons terugvoer van dié oggend, was net sooooo positief en ons gemeente se seniors het dit nodig gehad om weer na mooi musiek te luister en teruggevoer te kon word na ons jongdae se musiek en sang. Die Kersprogram was ook so goed vir die siel en julle leef julle Christenskap so mooi uit deur julle sang en optredes.‘n Mens raak so vinnig verroes met die voorbereiding om funksies te reël met al die Covid-reëls en julle het dit vir ons baie maklik en gemaklik gemaak.Nogmaals dankie en ‘n Geseënde Kerstyd vir julle as gesin.
Groete, Danita en Denise -
DORINGKLOOF FAMILIE KERK, CENTURION. |