Toe my kind klein was het ek vir hom 2 cd’s van julle gekoop. Die een kan ek onthou het ‘n liedjie opgehad van Oupa en een van Ouma. Dan was daar een van al die vorms bv as jy wil weet hoe ‘n sirkel lyk moet jy na die volmaan kyk. Ek onthou net dit was ongelooflike cd’s. Dit het my kind in so baie opsigte geleer.
Jy sal nie vir my glo hoeveel plesier het ons uit daardie twee cd’s gekry nie. In die motor of by die huis. Veral Vorms – dan het ek hom gewys die verskillende vorms soos ons die liedjie luister.
Julle doen ongelooflike werk – daarom dat julle so geseënd is.
Annette Bosman, Stellenbosch |