Liewe Elizabeth en Francois, Die trane het behoorlik vannaand gerol, ek het saam gedans en sing! op hierdie pragtige DVD - "Hart Spore " ... die pragtige pienk Sjampanje liedjie met jou klokkie stem - nog steeds presies dieselfde as in die 80tigs!!Ek het die Duitse keurspel - geniet, eks mos 'n Suidwester, en Suidwes lied uit volle bors saam gesing Die DVD speel al die 2de keer vannaand!! en julle 2 het pragtig "groot" geword - nog met dieselfde stemme in my geheue! Nog dieselfde oe, en glimlagte, nog dieselfde lyftaal!
Ai ek onthou toe Wil jy Dans Carina uitgekom het! Oe! julle voorbeeld - van die lewe Leef! - Skryf asb 'n boek oor - hoe vul 2 mense mekaar aan - hoe hanteer mens die klein jakkalsies wat meeste van die tyd die wingerd verwoes!! Die mooi wat uit julle straal - soos ek dit in daardie tyd kon onthou! so lyk julle vandag nog dieselfde!Die Jesus liefde wat in julle oë blink!Wat is julle geheim??
Hierdie was vir my 'n wonderlike reis saam met julle en hierdie DVD - die trane loop en my hart bars van trots - ek bewonder altwee van julle - en die 2 dogters is pragtig! Ek het so ruk terug die advertensie gesien van die DVD en het gesoek tot ek dit bestel het deur Loot.... 'n hele 6weke gevat om dit op Roedtan afgelewer te kry!!
Baie baie geluk -
Blessing vir julle 2 - Liefde Miemie Grobler
|