Terugvoering
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Monday, December 11, 2017
[2] Visitors Currently Online
Terugvoering
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


KERS-KOORFEES SAAM MET KOLLEGEPARK EN MEER ....
Dinsdag aand 21 November om 18h30, is dit KersKonsert by die new Life Sentrum in Vanderbijlpark, saam met die Kolle

Lees Verder...


Pitkos


om te lag ...
of all the things God created, I am often most greatful He created laughter   -  Charles Swindall

Lees Verder...


Terugvoering


Lappies, Panorama
DANKIE VIR JULLE  E-MAIL.  ONS IS BLY DAT JULLE VEILIG BY JULLE TUISTE IS,  MAAR ALTYD ‘N BE

Lees Verder...

 

Terugvoering


October 30, 2015
Marinda, Klipfontein Laerskool Witbank

More julle. Hoop teen die tyd wat julle die boodskap lees, is julle veilig terug in julle huis. Ek wil net graag weer baie dankie se vir 3 wonderlike aande saam met ons.   Ons waardeer die feit dat julle so mooi met die kinders gewerk het, en regtig in elke kinderhart soveel vreugde gegee het. Die ouers praat met groot lof en dankbaarheid van die afgelope week se Kerskonsert. Dit was vir my persoonlilk 'n voorreg om julle te leer ken.  My seun is hierdie jaar 19, en ek het hom altyd so vasgehou en vir hom gesing "wil jy dans Carina" toe hy klein was. Mag julle 'n wonderlike tyd beleef hierdie laaste paar maande van die jaar, en mag die Here se goedheid en guns by julle wees elke dag vorentoe.Namens die Onnies, ouers en kinders:  BAIE DANKIE vir alles.Marinda Laerskool Klipfontein Witbank


October 26, 2015
Springs, 23 Sept

Goeiemore, ons wil net vir julle baie dankie vir julle konsert wat julle by ons kom hou het!! Ons wil vir julle se ons het dit baie geniet. Ek wil net se namens Willie en myself dat ons waardeer julle en sal julle altyd aanbeveel. Baie liefde en groete in Jesus Marie


October 26, 2015
Mootvallei, 18 Sept

Beste Francois en Elizabeth, dit was 'n ongelooflike voorreg om julle die geleentheid te kon gee om te bedien by Mootvallei, oud en jonk is deur julle optrede geraak! Ek bid julle die Here se seën toe vir julle bediening vorentoe en bid dat dit van krag tot krag sal gaan.Ek hoop dat ons paaie erens weer sal kruis...en wie weet dalk erens saam kan bedien! Beste Wense Johan


October 19, 2015
Kyrios Kids Konsert, Springs

Liewe tannie Lie, dit was heerlik om saam met tannie te werk, beplanning te doen ens. En dankie vir al die raad wat tannie gegee het!Dankie vir tannie se pragtige optrede, en hoe mooi tannie met die kindertjies gewerk het. Dankie vir die ontspanne atmosfeer wat tannie gehelp skep het. Dit was 'n heerlike konsert, en ons kry net positiewe terugvoer. Klink of die ouers dit baie geniet het.Die kinders kan ook nie uitgepraat raak oor hoe lekker dit was nie.

Ons is dankbaar teenoor die Here dat alles so goed uitgedraai het. Liefde en nogmaals dankie! Michelle


October 5, 2015
Faani Engelbrecht, FLAM

Hi Elizabeth, jou lied 'Daarom' wat ons vir jou bestuur, doen ONGELOOFLIK goed.  Dit moet tans een van die gewildste liedere op ons webtuiste wees.  Ek dink dis omdat dit so toeganklike lied is, wat spreek tot jonk en oud.  As ek Flam aan 'n gemeente wil bekendstel is, 'Daarom' altyd een van die eerstes - dit breek baie weerstand af. Groete! Faani




Archives

 

Terugvoering
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za