Hi
julle, ek was een
van die oumas by Jim Fouche lareskool (24/04/2015) se ouma en oupa dag. Ek was
oorspronklik oppad soontoe bietjie gespanne omrede ek ‘n werkende ouma is en
moes terug haas werk toe. Maar toe ek
eers julle pragtige optrede sien met die wonderlike kinderliedjies en die
trane moes wegpik van trots op ons wonderlike kleinkindertjies het ek skoon van
tyd vergeet. Aanvanklik
het ek vir my “baas” gesê ek gaan net so uur weg wees. Wel toe is ek twee en
halfuur weg. En weet
julle, ek was nie eens meer gespanne nie en het so geesvervuld gevoel oppad
terug werk toe. Ek wil
graag julle cd’s en dvd’s koop. Nie net vir my nie, maar om vir my pragtige
kleinkinders te speel en hulle die mooi van ons Afrikaanse liedjies te laat
hoor. Ek het ‘n
hele 7 van hulle. (kleinkinders). Wel ek het
gou julle website gaan google en gedink ek wil hierdie briefie van waardering
vir julle stuur. Dankie vir
julle bydrae van pragtige musiek en uitstralende Goddelike Liefde. Vriendelike Groete/Kind Regards Elsabe Young-Pienaar
|