Hallo Elizabeth,Baie dankie vir die die bestelvorm. Jy behoort binnekort 'n kennisgewing van die
bank vir die oorbetaling te ontvang.Ons kroos het met jou kindermusiek groot geword en ons
eerste kleinkind sal DV vroeg April gebore word. Toe ons dogter kla oor die
simpel kindermusiek wat deesdae beskikbaar is, het ek tussen my bladmusiek gaan
soek en ons het met groot pret deur die hele bundel gesing. Met my skoonpa se
70ste verjaarsdag het al die kleinkinders vir hom "As Oupa so sê"
gesing. Oupa word vanjaar 88. Dierbare Ouma het ons bewoë gehad want beide
oumas is onlangs oorlede. Manie die Musieknoot, Wouter Kabouter en Morsjors het
laerskoolkoor herinneringe opgeroep.Baie dankie vir die pragtige musiek wat jy en Francois deur die jare in
Afrikaans geskryf het. Dis 'n kosbare nalatenskap.Vriendelike groete, Gretha Venter Bergvliet, Kaapstad
|