Liewe Francois en Elizabeth, Aan julle twee kosbare
mense: "n BAIE GROOT DANKIE vir jul wonderlike vertoning by ons in
Klerksdorp Vrydag! Almal deur die bank het
dit só geniet - van die jongste tot die oudste, en enige kleur en taal (ek het
na die foto's gekyk, en sien die genot op al die gesiggies). Toe ek
terugkom by die skool, kon my klassie nie uitgepraat raak oor die liedjies nie,
en hulle het die onbekendes (bv. Pannekoek bak, en Sjokolade) stuk-stuk onthou
en frases probeer sing. In totaal het hulle minstens 7 van die liedjies
onthou, en ek het 'n lysie gemaak sodat ons dit vorentoe kan saamsing.Ek het ook baie
positiewe kommentaar gekry van my kollegas, en mense wat ek in die dorp
raakgeloop het. Baie dankie ook vir die
2 CD's - ek het
Saterdag Hartbeesfontein toe gery, ek te heerlik geluister, en baie gou
saamgesing, want die liedjies het "a very catchy tune", en die
"beat" is baie "nice"! Ons gaan beslis die CD's in
die klas geniet, en gou-gou uit ons koppe ken. Weer eens baie baie
dankie, dit was 'n heerlike voorreg om nog Klerskdorpers aan julle te kon
bekendstel. Liefde, Heidi de Jager, Janie Schneider Skool
|