Terugvoering
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Monday, December 11, 2017
[2] Visitors Currently Online
Terugvoering
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


KERS-KOORFEES SAAM MET KOLLEGEPARK EN MEER ....
Dinsdag aand 21 November om 18h30, is dit KersKonsert by die new Life Sentrum in Vanderbijlpark, saam met die Kolle

Lees Verder...


Pitkos


om te lag ...
of all the things God created, I am often most greatful He created laughter   -  Charles Swindall

Lees Verder...


Terugvoering


Lappies, Panorama
DANKIE VIR JULLE  E-MAIL.  ONS IS BLY DAT JULLE VEILIG BY JULLE TUISTE IS,  MAAR ALTYD ‘N BE

Lees Verder...

 

Terugvoering


August 27, 2014
Willie van Heerden, Potch
Hallo julle julle twee pragtige mense wat so pragtig saam sing.Ek ia mal oor kom ons dans Karina want ek is mal oor dans.Ek is op waths up staan tussen die twee swart perde.Ek wil graag vriende maak met julle Ek bly op Potchefstroom nie te ver nie.Voorspoed met julle pragtige sang.Van Willie van Heerden

August 26, 2014
JAM terugvoer

Julle is van die amazingste mense wat ek al ooit gesien het. Julle helder my dag op as ek julle sien, op tv, hoor op die radio. Julle geluk van binne straal uit na buite. My dogtertjie Tanisha is 8 en sy is mallll oor julle! Ek sien julle is in Witpoortjie een van die dae en ons sal kom luister. Ek het van julle kinder dvd's en cd's en het dit oor en oor geluister in die kar. My mamma het julle dvd's en ons almal kyk dit saam as ons lus is vir 'n lekkr laggie en goeie musiek en die blabse is 'hilarious' snaaks. Julle liefde van Jesus straal! Mag die Here julle ryklik seen! Ek wou so graag vandag net vir julle 'n boodksap stuur vandaf my foon. Ekt julle gistraand gesien op kyk-net! WOW! Groete!Karinda Geyer


August 18, 2014
Lofdiens by TriHunt, Brandfort Son 17 Aug

Hallo Elizabeth, baie dankbaar dat jul veilig gery het, hoop  jul kon bietjie rustig wees en weer die week met nuwemoed aanpak.Nogmaals baie dankie vir jul pragtige optrede, jul sal nie glo hoeveel positiewe kommentaar ons ontvang het nie, die mense het dit oneindigbaie geniet, veral die samesang was vir almal iets besonders.Dit was ‘n voorreg om jul hier by ons te kon ontvang, dankie vir die spesiale mense wat jul is, jul het diep in ons harte ingekruip. 

Ek weet verseker dat die Here nog baie werk vir jul het, met jul besonderse talent en  pragtige persoonlikhede gaan jul nog baie harte aanraak.Liefde Kobus en Marietjie


August 18, 2014
Lions Oue Tehuis, Swakopmund 9 Aug

Liewe Francios en Elizabeth, ons is saam met julle dankbaar dat die Here julle oor soveel kilometres heen veilig gelei het. Dit is ALTYD ‘n voorreg.

Die oggend saam met julle was werklik ‘n sukses. Ek wil amper sê so suksekvol dat dit ‘n jaarlikse instelling kon word J Almal het dit SOOOO geniet. Dit is maar net so dat sang/musiek voedsel vir die siel is. Ons het jaarliks ‘n bejaarde funksie vir ons kerk se mense. Hierdie jaar se funksie was regtig iets besonders. Baie dankbaar dat 95% dit kon bywoon. Twee van ons oudste lidmate(90) was ook daar. Mag die Here julle seën met julle besondere talent. So wonderlik om Hom te verkondig op julle manier(sang) Suidwes groete, Lettie


August 18, 2014
Lions Ouetehuis, Swakopmund, 9 Aug

Baie dankie Francois en Elizabeth.  Sonder julle, en die regte klankman, sou dit nie so geslaagd gewees het nie! Ons het Maandag gehoor, dat die dorp gons oor Saterdag se vertoning.  Baie dankie. Bly julle is veilig tuis.Tot volgende keer Petro


August 12, 2014
Erika Young, Walvisbaai

Elizabeth, Francois, ek weet julle is nog nie by die huis nie, maar ek wil net weereens baie dankie sê dat julle bereid was om Walvisbaai toe te kom.

Ek het regtig vir die Here se seën gebid op die optrede en alle terugvoer wat ek kry is positief. Oral waar ek kom sê mense net hoe spyt hulle nou is dat hulle uitgemis het op die optrede.Dit was regtig baie aangenaam om julle te ontmoet en ek hoop dat julle tonne optredes vorentoe gaan kry.Lekker aand




Archives

 

Terugvoering
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za