Hallo Francois. My
dogter Surine het vir haar klein dogtertjie Nicole (nou 17 maande) Elizabeth se
CD met Olka Bolka op die babaskou gekoop. Klein Nicole luister so graag daarna.
Ons is met vakansie op Ballito. Surine het die CD by die huis vergeet. Nicole
wil elke keer as ons in die kar klim Olka Bolka hoor. Sy bly vra na Bokka en
begin huil as sy dit nie kan hoor nie. Ons het probeer om hier vir haar
Elizabeth se CD te kry, maar onsuksesvol. Ons het nou ander liedjies vir haar
gekoop, maar sy soek net Bokka!!!
Elizabeth se CD het 'n geweldig indruk op Nicole gemaak en 'n baie
spesiale plekkie in haar lewetjie!!! Dankie Tannie Elizabeth!!! Mooi bly! Groete.
Chrisna
|