Terugvoering
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Monday, December 9, 2019
[2] Visitors Currently Online
Terugvoering
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Familie tyd
Ons laaste optrede van die jaar is afgehandel - ons maak gereed om see toe te gaan, dis ons beurt om hierdie jaar ons ki

Lees Verder...


Pitkos


Die Geel verjaardag
My verjaardag val toe hierdie jaar op 'n Sondag, en ons het oggend- en aand optredes by kerke, en 'n ete kuiertjie by Ou

Lees Verder...


Terugvoering


NG Kerk Empangeni
Liewe Francois en Elizabeth, Ek en die lidmate van NG Empangeni gaan Sondag 24 November 2019 nog vir ‘n baie lang

Lees Verder...

 

Terugvoering


April 22, 2014
Maryna, Springs

Goeienaand , duisend dankie vir JESUSLIEDJIES 2, wat ek deur die pos ontvang het. Dit is absoluut 'n fantastiese album wat aanklank vind by jonk en oud. Sulke lekker saam sing liedjies waarmee ons die HERE kan loof en prys. Dit is so spesiaal! Hierdie is ongetwyfeld  weer 'n Ghoema nominasie vir volgende jaar. Liefde, Maryna


April 12, 2014
Naboomspruit, 11 April

Hallo Francois en Elizabeth, wat 'n belewenis, baie dankie vir julle vertoning dit was pragtig, julle verhoogpersoonlikheid is ongelooflik en Elizabeth se voorlesings was baie treffend en lewenswaar. Julle sang was onvergeetlik mooi, julle het Naboom se harte gesteel - die vol saal is 'n bewys daarvan. Ons het fantastiese terugvoer gekry en dit maak ons as 'n komitee trots dat ons vertonings van hierdie formaat kan aanbied.Ons dank julle namens al ons lede sowel as die inwoners van die Tehuis vir Bejaardes, julle optrede het meegehelp dat die gehoor kon vergeet van moontlike probleme en swaarkry en met die pragtige talent wat die Here aan julle toevertrou het het julle wondere verrig.

Ons is baie bly dat julle op ons pad gekom het en wees verseker dat julle weer van ons sal hoor.

Voorspoed en ons beste wense vir die toekoms.

Neels van Vliet, Lewensvreug dienssentrum.

ns. Francois moenie te nederig wees omtrent jou Engels nie, ek is seker heelwat mense in die gehoor het ook gesukkel met die woord "compulsary"




Archives

 

Terugvoering
©2007 - 2019 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za