Terugvoering
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Saturday, June 23, 2018
[1] Visitors Currently Online
Terugvoering
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


LOFSING DIE OPGESTANE JESUS!
Saterdag aand loof ons die HERE saam met die EGKerk by Eden kampterrein, Moloto, buite Pretoria. Wat 'n voorreg. 

Lees Verder...


Pitkos


saam gevat
bo pad, onder pad altyd-aan-die-wonder pad op al jou lewenspaaie het jy my saam gevat son pad, sukkel pad in-liefde

Lees Verder...


Terugvoering


Nicolette, Aliwal Noord
Hello daar! Ek en my suster het groot geword met julle musiek, dit was ons hoogtepunt van die jaar wanneer Francios &a

Lees Verder...

 

Terugvoering


March 28, 2014
Magda Milton, Northam

Goeiedag Elizabeth, Aangeheg my bestelvorm en bewys van betaling vir cd's.  Jy het my kinders ( nou 27 en 29 jaar ) lang jare gelede besing met  al jou mooi liedjies vanaf die huis tot by die Kleuterskool soggens..... op kasette natuurlik.... en nou wil ek graag my eerste kleinkind ( 11 mnde)  blootstel aan al die pragtige musiek!!

Ek is baie bly jy is ook nou al `n ouma!! Vriendelike Bosveld groete, Magda Milton


March 3, 2014
Riaan Cruywagen

Beste Francois, Waar verlustig ek my toe vanaand in Toks & Tjops met jou en Elizabeth as gaste! Ek sit al lank en wonder hoe dit met jou gaan, want ons het mekaar jarrre laas gesien. Te oordeel aan wat ek vanaand op televisie gesien en gehoor het, gaan dit voor die wind met julle en daaroor is ek opreg bly.

Jy sal seker met my saamstem dat die status van oupa die beste status is wat 'n man kan behaal. Wyle John Vorster het by geleentheid gesê 'n kleinseun maak van sy pa 'n man en van sy oupa 'n kind. In my geval, meen ek, maak my kleinseun soms van my 'n nar, want ek vang maklik dinge saam met hom aan waarvan ek vroeër nooit sou gedroom het nie! Hy is nou ses, en die volgende outjie is op pad -- DV vroeg in September.

Van kleinkinders gepraat -- toe ek en my vrou vanaand hoor hoe lekker Elizabeth vertel van die liedjies wat die kleingoed van vandag nie meer ken nie, en wat julle toe so lekker saamgesing het, het ons besluit dat ons ook daardie CD in die hande moet kry om vir ons kleinkinders te speel. Julle verdien 'n klop op die skouer vir die wyse waarop julle ook daardie deel van ons Afrikaanse kultuurskat vir die nageslag behoue laat bly.Laat weet my asseblief die titel van die CD sodat ek kan kyk of ek dit hier in my omgewing te koop kan kry. Indien nie, sal ek graag een by julle wil bestel, maar dan sal ek laat weet.Vriendelike groete en alle sukses met julle projekte!

Riaan Cruywagen


March 3, 2014
ds Estelle Dannhauser, Herv Kerk Springs

Goeiemore! Ek kan nie glo dat meer as 'n week verby is sedert verlede HEERLIKE Sondag toe julle by ons gekuier het nie.

Ek wil net baie, baie dankie sê vir julle moeite, liefde, tyd en die pragtige evangelie wat julle op so 'n unieke wyse bedien het. Dit was vir my die heerlikste, onvergeetlikste verjaardag en almal se terugvoer getuig van hulle opregte waardering. Ons het julle, julle sang en julle liefde en lewensvreugde, julle vreugde in die Heer, so geniet.Mag Hy julle ryklik seën en in staat stel om baie mense te raak deur aanbiedings so spesiaal soos hierdie.

Liefdegroete en mag ons mekaar gou weer sien! Estelle Dannhauser. 




Archives

 

Terugvoering
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za