Terugvoering
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Saturday, June 23, 2018
[2] Visitors Currently Online
Terugvoering
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


LOFSING DIE OPGESTANE JESUS!
Saterdag aand loof ons die HERE saam met die EGKerk by Eden kampterrein, Moloto, buite Pretoria. Wat 'n voorreg. 

Lees Verder...


Pitkos


saam gevat
bo pad, onder pad altyd-aan-die-wonder pad op al jou lewenspaaie het jy my saam gevat son pad, sukkel pad in-liefde

Lees Verder...


Terugvoering


Nicolette, Aliwal Noord
Hello daar! Ek en my suster het groot geword met julle musiek, dit was ons hoogtepunt van die jaar wanneer Francios &a

Lees Verder...

 

Terugvoering


November 21, 2013
LOUIS TRICHARDT, 17 NOV
  

Beste Francois en Elizabeth,Hoop julle het `n veilige en aangename reis terug huis toe gehad en dat jy darem so bietjie verder jou verjaarsdag kon geniet.Julle diens was so `n hoogtepunt in ons gemeente dat ons amper voel om nie verder `n kerssangdiens te hou nie. Professioneel maar tog suiwer en menslik, en met `n oproep. Ons is julle baie dankbaar dat julle die ou storie weer vir ons kom nuut maak het.`n GROOT DANKIE.Mag Abba Vader julle dertig, sestig en honderdvoudig seen in julle kosbare bediening.

Groete in die MOOISTE NAAM - JESUS ons redder ANDRIES SMAL  Gemeentebestuurder  NG Louis Trichardt


November 18, 2013
Heidi Claassens, Montessoriskool, Pietersburg
Francois en Elizabeth, dit was so gemaklik saam met julle, ek het sommer ontspanne gevoel en die KinderKersspel saam geniet. Die ouers sms ook en vertel net hoe lekker en hoe mooi dit was. Dankie vir julle! Groete Heidi Claassens.

November 12, 2013
Jan van Staden, Wolmaranstad

Francois en Elizabeth, ek glo julle was net vir die regte tyd bestem om ons gemeente te besoek. Ek het al baie van julle gehoor ... maar ek was so verras met julle optrede en aanbieding!!! Duidelik kon ek merk dat julle 'n PAD met JESUS loop. Julle gehoorsaamheid aan ons VADER , glo ek - maak dat die HERE julle baie ryklik seen en van julle LOOPBAAN 'n GROOT sukses maak!!! Baie baie dankie ook vir julle pragtige brief. Ek sal dit aan my mense oordra. Sal weer kontak maak. Groete Jan van Staden


November 4, 2013
Parys-Wes, 3 Nov

Goeie more Elizabeth, baie dankie vir gister dit was weereens 'n belewenis. Baie dankie ook vir die stuk Die hemel het 'n nommer. Sterkte vir jou en Francois se optredes die volgende weke.Dawn


November 4, 2013
Vierfontein Kers sangdiens 3 Nov

Haai  Francois & Elizabeth, Dit was ‘n groot plesier om dit te reel en nogmaals baie dankie vir julle PUIK optrede. Die mense kan nie uitgepraat raak nie en ons kry net positiewe terugvoer. Ek het vanoggend ‘n paar sms e ook gekry  van mense wat net wil dankie se.Dit is werklik nogal lekker om dit te hoor want dit is maar moeilik om almal te prober tevrede stel – maar werklik nog geen negatiewe kommentaar gehoor nie.Baie sterkte met julle program vir die res van jaar.Nogmaals baie dankie Hendrina

 

 




Archives

 

Terugvoering
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za