Liewe Francois en Elizabeth Ek weet nog eintlik nie presies hoe om my hart te verwoord nie. Nou stel ek uit en ek wou Maandag al eerste ding ’n briefie skryf. Miskien kan ek maar net weer sê: Baie, Baie Dankie…!!! Dit was vir ons baie spesiaal. Julle is vir my persoonlik en vir ons klompie in Villieria ’n inspirasie.Julle egtheid en julle nederigheid spreek ons aan en maak jul woorde geloofwaardig. Die manier hoe julle ons hanteer … die half geverfde gebou, die verskeidenheid in ons gemeente, die kinders, oues… maak dat ek jul weer en weer wil nooi. Julle verhouding met mekaar is iets waaroor baie kommentaar gelewer het. Almal smag so na sulke rolmodelle. Dankie spesiaal daarvoor. Pas mekaar asb. baie goed op… Alles verdwyn in die sand as jul verhouding nie solied oorkom nie.. Ag, ek dink ek kan nog lank aanhou. Maar aanvaar asb. my en ons gemeente se opregte dank en bemoediging. Ek moet sê, Elizabeth, het al die wind uit my seile gevat met die gebaar Sondag. Dít is ’n “preek” wat ek nooit sal vergeet nie. Mag julle aanhou ervaar dat Jesus julle baie liefhet. En mag julle Sy glimlag oor jul werk aanvoel. Tot ons weer ontmoet. Derick du Toit
|