Terugvoering
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Monday, December 11, 2017
[2] Visitors Currently Online
Terugvoering
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


KERS-KOORFEES SAAM MET KOLLEGEPARK EN MEER ....
Dinsdag aand 21 November om 18h30, is dit KersKonsert by die new Life Sentrum in Vanderbijlpark, saam met die Kolle

Lees Verder...


Pitkos


om te lag ...
of all the things God created, I am often most greatful He created laughter   -  Charles Swindall

Lees Verder...


Terugvoering


Lappies, Panorama
DANKIE VIR JULLE  E-MAIL.  ONS IS BLY DAT JULLE VEILIG BY JULLE TUISTE IS,  MAAR ALTYD ‘N BE

Lees Verder...

 

Terugvoering


September 30, 2013
Setha, Durbanville

  

Liewe PRAGTIGSTE ouma!!! Die HELE Kaap lag saam met jou!!!  Die HEEL OULIKSTE ouma en Dierbaarste Johan Heunis met die HEEL PRAGTIGSTE artikel daarmeesaam. Ek het sommer weereens besef Die Burger is DIE BESTE!!!

L

iewe Maat, JY IS PRAGTIG EN DIERBAAR!!!!  Besef toe sommer dadelik hoe baie my arme kleinkinders mis...

A

lles net van die HEEL BESTE EN MOOISTE toegewens. Kaapse "koue" Groete,  Setha Mellet

 


September 30, 2013
Laerskool Naboomspruit Revue 2013

Hi Elizabeth, ek kan jou een ding sê, Saamsing Liedjies is nou my kinders se gunsteling!! Hulle is mal daaroor!
Ons revue was 'n groot sukses en jou liedjies was 'n groot bydrae daartoe. Baie dankie dat ons dit kon gebruik. Op die foto, is die kostuums is volgens jou "Onder in die see" liedjie. Visse, jellievisse, seekatte en seegrassies. Vriendelike groete!  Karin, Laerskool Naboomspruit.

Laerskool Naboomspruit Revue 2013


September 10, 2013
LOSBERG N G KERK FOCHVILLE

Hallo Elizabeth, wat ‘n lekker verrassing is dit nie om jou briefie vanoggend te kry, nadat ek al van Saterdagaand af loop en briefies skryf vir jou in my kop.  Ek sal seker maak dat elkeen jou brief te siene kry. Dit was  ‘n wonderlike aand vir ons, ieder en elk praat met groot lof en bewondering van julle en jul vertoning.  Oupa (Ds se skoonpa) het vir die eerste keer ‘n cd gekoop!  ‘want die mense kan mos rerig sing’, en dit se baie! Dankie dat julle die aand met ons gedeel het en ‘n stukkie van julle liefde en ‘nicegeit’ by ons agtergelos het. Ek glo dat ons julle binnekort weer by ons sal he, vir nog heerlike herinneringe wat geskep word.Mag jul liefde elkeen by toekomstige vertonings aanraak soos dit ons aangeraak het, en elke dag vir julle vol Seen en geluk wees.Liefde Tharina

 


September 9, 2013
Plaasdiere liedjie!

Elizabeth, ek en my 1en 'n half jarige kleindogter luister saam en op hierdie stadium geniet sy die Plaasdiere-liedjie die meeste aangesien ons op 'n plaas woon en al die geluide herken en namaak.  Baie dankie vir al die liedjies - dis pragtig! Groete, Elma


September 9, 2013
Annatjie Serfontein, Vaalpark NG Kerk

Goeie môre E, nogmaals baie dankie vir ‘n awesome diens wat julle tweetjies vir ons gegee het.  Ons het eerlikwaar vreeslike goeie terugvoer gekry van die gemeente.  Daar is van die mense wat gesê het, ons moet dit sommer 1X ‘n maand doen. Hoop julle het ‘n wonderlike week en mag dit ook baie geseend wees.  Ek wens julle alle voorspoed, seen en vrede toe op julle pad vorentoe.  Mag die HERE julle gebruik net waar HY wil.  Liefde en groete A




Archives

 

Terugvoering
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za