Terugvoering
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Sunday, December 8, 2019
[4] Visitors Currently Online
Terugvoering
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Familie tyd
Ons laaste optrede van die jaar is afgehandel - ons maak gereed om see toe te gaan, dis ons beurt om hierdie jaar ons ki

Lees Verder...


Pitkos


Die Geel verjaardag
My verjaardag val toe hierdie jaar op 'n Sondag, en ons het oggend- en aand optredes by kerke, en 'n ete kuiertjie by Ou

Lees Verder...


Terugvoering


NG Kerk Empangeni
Liewe Francois en Elizabeth, Ek en die lidmate van NG Empangeni gaan Sondag 24 November 2019 nog vir ‘n baie lang

Lees Verder...

 

Terugvoering


August 28, 2013
Fochville Noord, 25 Aug

Francois en Elizabeth, dankie vir julle. Vandag het so baie mense by die kerk gepraat oor hoe mooi aand dit gisteraand was. Dit was vir ons ‘n ware fees saam met julle. Johan Brink, Fochville Noord NG 

 

 


August 26, 2013
Gemeente Fees Harrismith

Francois en Elizabeth, Dankie! Dankie! Julle het weereens ons fees volmaak gemaak.  Ons kry soveel positiewe terugvoer.  Almal praat van die gewyde, heilige atmosfeer en julle ongelooflike voorlesing en sang!  Julle was onoortreflik! Ons bid vir julle seen toe op julle werk, julle sang en veral julle uitdra van die evangelie en die liefde van ons Vader.  Dis so lekker om dit in julle oe, julle stemme en julle optrede te sien. Lief julle. Paul en Hantie, NG Kerk Harrismith


August 26, 2013
SAAMSING LIEDJIES TERUGVOER

Elizabeth,ek en my 1en 'n half jarige kleindogter luister saam en op hierdie stadium geniet sy die Plaasdiere-liedjie die meeste aangesien ons op 'n plaas woon en al die geluide herken en namaak.  Baie dankie vir al die liedjies - dis pragtig!Groete Elma

Die kleuters geniet jou nuwe CD terdee. Groete Anya Barkhuysen, Laerskool Rooihuiskraal


August 1, 2013
Groete uit Tzaneen

Elizabeth, toe ek vandag probeer uitreken wanneer jul saam met ons konsert gehou het kom ek agter dis al meer as 10 jaar gelede! Ek onthou jul jongste was toe in matriek...! Soveel herinneringe kom terug saam met jou musiek. Almal sing nou sommer weer van vooraf saam.  Ek dink toe so by my selwers... Hierdie is darem kindermusiek uit die boonsre rakke: opvoedkundig, verskeidenheid –ook van ritme en sommer mooi en opgewek!  Ek weet presies hoekom jul my gunsteling kleutermusiek –musikante is! Beste groete, Margie van Tonder

 

 




Archives

 

Terugvoering
©2007 - 2019 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za