Liewe Elizabeth, ek is Christa Groenewald en werk by Wenners Kleuterskool in Rooihuiskraal. My dogtertjie in Gr 5 Chrisna-Mari Groenewald was een van die sanggroepie by Rooihuiskraal laerskool wat saam met jou, jou nuwe cd " Saam sing liedjies" opgeneem het! Ek wil net baie dankie se vir die geleentheid wat julle die kindertjies gee om saam met sulke wonderlike mense op te neem en dat hulle sommer saam met jou kon optree die oggend van die Gr R se ouma en oupa dag! My dogtertjie was vreeslik opgewonde dit was 'n ondervinding wat sy nie nooit sal vergeet nie en ek ook nie, ek is al baie lankal mal oor julle musiek, julle geestelike cd's is pragtig.Vandat my dogtertjie 'n klein baba was het ek van julle kinder- cd's in die huis gehad. Nou is sy al in Gr 5 en het sy saam met jou gesing- Wow! Haar sussie van 3 het die hele tyd " saam" geoefen wanneer ousus haar woorde moes leer vir die saamsing cd. Al wat sy onthou is "die apie sit en droom in die mik van die Bosveld boom".... Hulle gunsteling liedjie is die Spokie karnaval. Dankie nogamaals! Christa.
|