Hallo Francois en Elizabeth, ons is baie dankbaar vir julle besoek aan ons gemeente gister. Nie een van die mense wat julle vertoning beleef het, was onaangeraak nie. Ons ontvang baie positiewe kommentaar en elkeen is opreg gevul met waardering vir julle en kan nie uitgepraat raak oor hulle ervaring van hulle ontmoeting met julle nie. Dankie eerstens dat julle, julle talent met almal deel en dan ook vir die hartlikheid en omgee wat ons by julle ervaar het. Mag julle bediening altyd vir julle vreugde bring. Ons sien uit daarna om julle weer in die toekoms by ons gemeente te ontvang. Groete Marlene Trollip Administratiewe Beampte ARCONPARK GEMEENSKAPSKERK
|