Terugvoering
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Monday, December 11, 2017
[2] Visitors Currently Online
Terugvoering
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


KERS-KOORFEES SAAM MET KOLLEGEPARK EN MEER ....
Dinsdag aand 21 November om 18h30, is dit KersKonsert by die new Life Sentrum in Vanderbijlpark, saam met die Kolle

Lees Verder...


Pitkos


om te lag ...
of all the things God created, I am often most greatful He created laughter   -  Charles Swindall

Lees Verder...


Terugvoering


Lappies, Panorama
DANKIE VIR JULLE  E-MAIL.  ONS IS BLY DAT JULLE VEILIG BY JULLE TUISTE IS,  MAAR ALTYD ‘N BE

Lees Verder...

 

Terugvoering


November 26, 2012
Rosarie Saaijman, Constantia Dames, Pretoria

Hallo Francois en Elizabeth, Ons het nie genoeg woorde om dankie te se nie. Die klublede was heeltemal oorweldig en die komplimente stroom steeds in. Dankie vir jul optrede, die professionele aanbieding en die stiptelike reelings asook die gepaste program samestelling. Baie baie seen vir julle! Rosarie


November 26, 2012
Jeany Heinlein, Swartwater Herv kerk

Dankie nogmaals vir julle! Ons het vanoggend nagmaal gehad en AL die mense vra dat julle asseblief weer moet kom. Sterkte vir die besige tydjie wat voorlê! Groete uit Swartwater, Jeany


November 26, 2012
Hannie Bedford, Constantia Dames Pretoria

Goeie more julle twee, baie dankie vir ‘n wonderlike oggend saam met julle. Ons almal het dit baie geniet, asook dit “praatjies” tussen in! Hannie xx


November 26, 2012
Dorea, Vaalpark

Francois en Elizabeth,  Nogmaals baie dankie vir jul optrede in ons gemeente gisteraand. Wees verseker daarvan dat almal wat hier was dit baie geniet het! Hiermee ook die gemeente se waardering vir `n puik aanbieding asook ons beste wense vir `n geseënde Kerstyd vir julle. Mooi dag en groete,Dorea du Bruyn Sekretariële beampte, Hervormde Kerk, Vaalpark


November 23, 2012
Lynette, Kemptonpark

Beste Elizabeth en Francois, Ek kon nie 'n beter geskenk gekry het vir Kersfees nie. Ek wil julle twee net geluk wens met die pragtige DVD en CD's. Wat dit vir my meer besonders maak is die feit dat ek saam met julle  op NKP geswot het en toe al reeds daar met julle musiek kennis gemaak het.Mag hierdie talent wat ons Hemelse Vader julle gegee het, nooit ophou, kan nie wag om die res van my CD's te bestel nie.Hoop ons sien binnekort weer 'n DVD of nog beter, wens ons kry kans om julle in Kempton Park by een van die optredes te sien.Groete Lynette


November 14, 2012
van Daleen uit Rietfontein

Hallo Elizabeth! Ons is van EG Kerk Rietfontein. By ons kinderkerk geniet ons julle kinder geestelike cd vreeslik baie - is daar vooruitsigte vir nog een, ASB?? Tydens verskeie kinderdienste op konferensies en Vakansie Bybelskole sing ons dit ook baie graag. Die woorde van jul liedjies is kosbaar, die wysies leer vinnig en die ritme is net reg sonder om TE te wees. Ek sit die woorde op powerpoint lekker kleurvol en kindervriendelik...Groete!  Daleen


November 13, 2012
Antoinette, Jamestown

Hallo Francois & Elizabeth, 'n Grooooooot DANKIE dat julle só lekker ingeskakel het en dit vir almal heerlik gemaak het! Absoluut álmal  (álle ouderdomsgroepe) het jul optrede vreeslik baie geniet en so gesê ook!  Ek is só bly oor Francois se "grappies" (bv die krieketwedstryd en die slaghuis-spietkop!),  wat op HartsporeDVD ingesluit is. Ek kan nooit sulke oulike goed se detail onthou nie - en daar het ek dit nou vir ewig....Mag julle &  jul kinders 'n waarlike geseënde Kersgety ervaar! Liefdegroete Antoinette




Archives

 

Terugvoering
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za