Baie dankie vir julle optrede gister by ons Manne van Belofte Damesontbyt. Ek het veral kontak met die dames van Gleniffer waar ons bediening doen, daar was 29 van hulle wat nooit die voorreg sou hê om julle te sien en hoor optree nie, hulle is in ekstase en dankbaar vir die wonderlike voorreg wat hulle gister gehad het. Dankie ook vir die dvd wat ek kon koop. In 1996 het ons in Bloemfontein gewoon op ‘n kleinhoewe waar ek ‘n boerdery gehad het. Elke oggend voordat ek om 6 uur opstaan het ek na RSG geluister en een oggend het Johan Rossouw die lied “ Branders” gespeel, dit was so mooi , nou het ek dit . Elke Sondag middag en aand luister ek en my ou vrou musiek. Eerste op ons lys is Andre Riu , ons het ‘n verskeidenheid van sy dvds. Hy het na vanaand af geskuif na die 2 de plek. Ons het die dvd van julle geluister, dit beklee nou die eerste plek by ons. Nogmaals dankie, Piet Booyens
|