Terugvoering
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Monday, December 11, 2017
[2] Visitors Currently Online
Terugvoering
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


KERS-KOORFEES SAAM MET KOLLEGEPARK EN MEER ....
Dinsdag aand 21 November om 18h30, is dit KersKonsert by die new Life Sentrum in Vanderbijlpark, saam met die Kolle

Lees Verder...


Pitkos


om te lag ...
of all the things God created, I am often most greatful He created laughter   -  Charles Swindall

Lees Verder...


Terugvoering


Lappies, Panorama
DANKIE VIR JULLE  E-MAIL.  ONS IS BLY DAT JULLE VEILIG BY JULLE TUISTE IS,  MAAR ALTYD ‘N BE

Lees Verder...

 

Terugvoering


September 20, 2012
Fanie en Emma Weber, Krugersdorp

Ek glo nie jul besef hoe spesiaal julle Adam se doop vir ons gemaak het nie!  Ek het soveel sms'se en oproepe gehad van mense wat se 'dit was anders, dit was Heilig, dit was asof die Here saam met ons 'ge-celebrate' het oor die voorreg van ouerskap! DANKIE, DANKIE, DANKIE!!  JULLE KAN MAAR!!  Ek se weer:  Julle  het ons meer bederf, as ons vir julle!  xxx


September 11, 2012
Ds Marius, Roberston Moederkerk

Baie dankie Francois en Elizabeth, ja dit was eintlik 'n ongelooflike naweek in sy geheel. Alles het so mooi saamgewerk en ons het baie goeie terugvoering van alles gekry. Julle lofdiens is baie goed beleef en daar het heelwat mense kom vra vir nog cd's. Seen vir al die verdere optredes en mag die Here julle RYKLIK SEEN. Marius


September 11, 2012
Robertson Moederkerk 9 September

Baie, baie dankie vir ‘n ongelooflike bediening op Robertson.Dit is wonderlik dat die Here julle Sondag na ons kerk toegestuur het en ons kon bederf met julle wonderlike sang – die Here het julle voorwaar met wonderlike stemme geseën. Liefde in Jesus.  LORAINE


September 8, 2012
Anya Barkhuizen, Rooihuiskraal Laerskool

Liewe Francois en Elizabeth, Dit was ‘n ongelooflike verrykende oggend en julle het ‘n baie groot aandeel daaraan gehad.  Die oumas en oupas het dit verskriklik geniet en van die grootouers wat al meer as een kleinkind deur ons hande het, sê dat dit een van die mooiste oggende was.  Ons het julle sang verskriklik geniet!  Die liedjie “Roomys” is pragtig en het my weereens laat besef dat ons lewens so gou verby gaan en dat ‘n mens elke dag voluit moet lewe.  Elke dag is ‘n mooi dag, ‘n spesiale geskenk van God en dit hang van ons af hoe die dag uitdraai.  Baie dankie vir julle mooi wense.  Ek het vanmiddag heerlik na julle musiek geluister. Liefdegroete  Anya


September 5, 2012
Corrie, Rooihuiskraal

Ek moet julle komplimenteer met julle sang vertoning vanoggend.  Ek luister al jare na julle musiek en julle bly eie in julle klas.  Gaan definitief julle Gospel CD by CUM boeke aanskaf. Mag julle verder geseen word. Groete,  Corrie




Archives

 

Terugvoering
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za