Hoop dit gaan goed met al julle Bere van die Waterberg.
Ek skryf net gou om te se: Die Here is goed vir my. Ek kom nounet van 'n optrede van Francois en Elizabeth af. Hulle het hier in Pta by die Herlewingsentrum bedien vanaanf en ek is so dankbaar dat ek die voorreg gehad het om deur Francois uitgenooi te word daarheen en dat ek wel kon gaan. Ek wou op 'n stadium die mike oorneem en vir ou Kolle se dat as hy nog Liefling kan sing soos 40 jaar gelede sal ek 'n poging aanwend om vir hom 'n 100m te hardloop (of loop) soos 40 jaar gelede! Terloops, ek dink ook dat ek nou weet hoe hy die pragtige Elizabeth se hart kon wen - seker Liefling ammekaar gesing!!!
Wat 'n wonderlike Salwing rus op hierdie twee mense - as julle nognie vir hulle by 'n gemeente sien optree het nie, kontak hulle om te hoor wanneer hulle dalk in of naby jul plek kom draai of nogbeter, kry hul om op te tree by jul eie gemeente, moenie staat en doodgaan voordat julle nie vir hulle en hulle besonderse bediening ervaar het nie!
O, en kry hul nuwe CD "Laat die Fees Begin!" Hannes Enlin het al vir julle hieroor geskryf en sommer 'n foto van die cover ook aangeheg - amazing
Warm Waterberggroete uit 'n koue Pretoria.
|