Terugvoering
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Monday, December 11, 2017
[2] Visitors Currently Online
Terugvoering
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


KERS-KOORFEES SAAM MET KOLLEGEPARK EN MEER ....
Dinsdag aand 21 November om 18h30, is dit KersKonsert by die new Life Sentrum in Vanderbijlpark, saam met die Kolle

Lees Verder...


Pitkos


om te lag ...
of all the things God created, I am often most greatful He created laughter   -  Charles Swindall

Lees Verder...


Terugvoering


Lappies, Panorama
DANKIE VIR JULLE  E-MAIL.  ONS IS BLY DAT JULLE VEILIG BY JULLE TUISTE IS,  MAAR ALTYD ‘N BE

Lees Verder...

 

Terugvoering


March 29, 2012
Van Anika

 

Anika Sanders

 

 

Hai Tannie. Dis Anika. Van die kerk. Tannie kan trots wees op my, want ek kan daai Daar Is Lig lied speel. Hehe

 

 


March 26, 2012
Daleen van Lephalale

Hi tannie wat 'n wonderlike vertoning Vrydagaand! Ons het dit so geniet. Dané kyk daardie Dvd oor en oor en ken al elke liedjie woord vir woord. Wou net weer sê julle huwelik weerspieël soveel liefde en respek vir mekaar. Net om na julle te kyk gee my hoedervleis. Want ek dink Jesus voel oor sy bruid soos wat julle liefde uitstraal!

Pas jul op veilig ry as jul toer! Tot weer siens Baie groete Daleen van Lephalale


March 26, 2012
van 'n Francois-fan

More Handsome!!!!  Raai net, 05:00 was jul video op KYKNET van Drome van gister - baie oulik...rustig en verlangend!  Mooi naweek  -  Emmerentia,  Nylstroom


March 26, 2012
Tienie, New Castle

Elizabeth,  ek wil graag namens die gemeente vir jou en Francois baie dankie sê vir die pragtige en besondere optrede in ons kerk Sondag, 18 Maart 2012.Die gemeente kan nie uitgepraat raak oor julle optrede nie en die liedjie – Ek roem u Naam - draai al van Maandag in my kop. Hoop om julle gou weer hier by ons te sien.  Mooi loop. Tienie Visagie  Gemeente bestuurder


March 20, 2012
David Zeelie, Pietermaritzburg

Beste Francois en Elizabeth, Baie dankie vir julle mooi en inspirerende optrede gisteraand by ons gemeente.

Groete David Zeelie


March 20, 2012
Joa van Aarde, Pietermaritzburg

Hallo Francois & Elizabeth , Wil net weer vir julle baie, baie dankie sê vir jul pragtige erediens hier by ons.  Dit was vir ons tot so groot seen. Mooi bly, ek hoop ons paaie kruis weer! x


March 14, 2012
Deidre, Potgietersrus

Liewe Elizabeth, Ek het verlede jaar met 'n Laerskool koor in Potgietersrus begin en ons het een van jou liedjies uit jou album Geestelike Liedere gesing (dit was telkemale die ouers se gunsteling) Hierdie jaar wil ons graag inskryf vir die ATKV kompetisie se onervare afdeling en ek wil graag jou liedjie 'Daarom' vir die koor leer.Dankie vir al die mooi musiek wat jy al vir ons gegee het Deirdre Strauss

 

 


March 6, 2012
ds Enslin van Velden, Ventersdorp

Dit was so lekker om julle hier te hê. Jy en Francois vul mekaar so goed aan. Dit was ‘n besondere diens. Mag die Here julle steeds wonderlik in Sy diens gebruik en mag julle steeds baie vreugde vind in dit wat julle doen. Baie groete Enslin


March 5, 2012
Gerhard, Randfontein

Dag Francois en Elizabeth Ek gister julle sang diens in Ventersdorp bygewoon. Dit was wonderlik. Ek het dit baie geniet. Julle is wonderlike mense. Regte kinders van die HERE. Die kinder liede was baie mooi. Ek woon in Randfontein .Wanneer kom julle hier sing. Groete Gerhard

 




Archives

 

Terugvoering
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za