Terugvoering
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Monday, December 11, 2017
[2] Visitors Currently Online
Terugvoering
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


KERS-KOORFEES SAAM MET KOLLEGEPARK EN MEER ....
Dinsdag aand 21 November om 18h30, is dit KersKonsert by die new Life Sentrum in Vanderbijlpark, saam met die Kolle

Lees Verder...


Pitkos


om te lag ...
of all the things God created, I am often most greatful He created laughter   -  Charles Swindall

Lees Verder...


Terugvoering


Lappies, Panorama
DANKIE VIR JULLE  E-MAIL.  ONS IS BLY DAT JULLE VEILIG BY JULLE TUISTE IS,  MAAR ALTYD ‘N BE

Lees Verder...

 

Terugvoering


November 28, 2011
N G KERK LAINGSBURG
Hello daar dis pieter eke wil net bja danki se vir die musiek wat jul sing en dit was n wonderlike tydji.die kerssangdiens was bja leke en dit was eke wat voor ini kerk gesit het hehe.dit was eke met di rooi hare jul moet n wonderlike dagi he

November 28, 2011
PRIMROSE HEUWEL N G KERK 20 NOV

Francois & Elizabeth, dit was regtig ‘n voorreg en ‘n plesier om julle by ons te hê. Ek kan vir julle noem die terugvoer was baie positief – die mense het dit geweldig geniet en as uiters heilig beskryf.Julle program is regtig baie treffend!   Dit was juis die rede hoekom ek julle genooi het – ek het ‘n begeerte gehad om so ‘n mooi geleentheid met my mede Christene te deel.

Vriendelike groete Marie Schroeder


November 15, 2011
Magalieskruin 13 Nov

baie baie dankie vir die wonderlike boodskap vanaand by Magalieskruin, was werklik baie spesial vir my gewees. Beste Wense Lorma Naude.


November 15, 2011
Sondag aand 13 Nov MAGALIESkRUIN Pta

Baie dankie vir 'n wonderlike aand gisteraand saam met julle.  En dankie dat julle toelaat dat God julle op so 'n besondere wyse gebruik. My gemoed was gisteraand so vol dat ek ons nie eers aan jou voorgestel het nie. Ewenwel, ons is Marius en Machel Ludik.  En dankie dat jy ons vertrou het deur die DVD aan ons te gee sonder dat ons eers daarvoor betaal het.  Baie dankie weer en mag dit met julle baie goed gaan.

Lekker dag Machel Ludik

 

 


November 15, 2011
Roodekrans N G Kerk 12 Nov

Beste Francois en Elizabeth

Baie dankie dat julle Saterdag julle talent met ons kom deel het.   Ons het dit regtig baie geniet. Baie voorspoed en seen op julle pad vorentoe.  Liefdegroete  xx Amanda Ehmke

 

 


November 7, 2011
N G PARYS WES 6NOV 2011

Hannetjie Pieterse posted on your Muur.

 

 

"Baie dankie Francois en Elizabeth vir die lieflike sangaaand vanaand in ons gemeente. Sterkte en seënbede vir jul reis hierdie Kersseisoen en met jul optredes!


November 7, 2011
N G KERK PARYS WES, 6 NOV 2011

Francois en Elizabeth, Wil net dankie se vir 'n besondere mooi aand gisteraand. Weet julle die diepte en sterk boodskap van gisteraand was 'n besondere geleentheid. Weet julle ek haat Kersfees weens die negatiewe goed wat jy Francois so duidelik uitgewys het. Maar die werklike waarde van Kersfees soos julle dit uitgespel het wys toe vir my so duidelik hoe besonder die betekenis van die werklike kersfees as Christus fees is. Elizabeth jou voorlesing en die verhaal rondom die 3 bome was iets besonders. Ek dink die betekenis soos julle met julle pragtige sang en voorlesings,  het die betekenis so duidelik na vore getree. My weer lus gemaak om die betekenis van Kersfees aan my kinders en kleinkinders na vore te bring. Die Kersfees is my voorreg om weer die kinders en die kleinkinders by my te kan he. Die motivering om dit reg te hou is deur julle boodskap gebring. Seen en voorspoed met julle optredes dit kan net seen en vervulling van die Heilige Gees na vore bring. Seen en voorspoed vir julle. Willie 

 

 


November 1, 2011
NG KERK RIEBEECKSTAD

Goeie more Elizabeth, Baie dankie vir julle hierwees en bediening. Die mense het dit ongelooflik baie waardeer en geseënd beleef. Weereens baie dankie!

Groete

Christo

 

 


November 1, 2011
KINDERKONSERT LAERSKOOL DIE AREND

Dankie tannie Lie vir 'n wonderlike konsert!!!!!

Ek het baie positiewe terugvoer gekry! Die een mamma sê gister vir my sy het 'n CD gekoop vir haar dogtertjies. En sy en haar man is al altwee moeg geluister aan die "Morsjors" liedjie wat die dogtertjies oor en oor en oor wou luister die naweek!

Dit was regtig 'n groot voorreg vir ons gewees om tannie hier te kon hê!

Alle eer aan die Here vir 'n suksesvolle konsert!

Baie dankie en baie liefde

Michelle




Archives

 

Terugvoering
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za