Liewe Francois en Elizabeth, Ons moes jul Dinsdag-aand groet … en dit was met emosie .. en 'n traan … maar dit is .. tot ons ‘weer ontmoet’ .. ! Dankie vir die wonderlike twee weke wat ons die pad saam met jul kon loop. Om jul in ons huis te kon ontvang .. te koester en te kon lief he. Dit was vir ons ‘n groot voorreg. Ons groet jul nou in die Naam van Jesus … ons Koning wat oppad is .Shalom Johan en Celia
Dames oggend - GEKA PALMYRA - “Maak jou beker vol”
Ons dames het ons BEKERS VOLGEMAAK … met vonkelwyn-lewe -vreugdes - blydskap - en ons het geskep en ‘geskep’ uit die ‘fontein’ van die ‘lewe’. Ons het gelag en getraan en kon net nie genoeg kry nie!
KINDERDIENS - GEKA PALMYRA - “My beste vir Jesus”
Dankie Elizabeth en Francois ! vir ‘n wonderlike spesiale, ‘awesome’ diens. Dit was aangrypend en ons kon jou/jul warmte en Jesusliefde beleef en aanvoel. Dit was ‘n belewenis vir klein, jonk en ouer.
BUNBURY GEKA - Amazing Grace/Dis Net Genade erediens
Dit was ‘n ‘blessing’ vir oud en jonk en klein.
Vrydagaand 3 Junie - Musiek Konsert by die pragtige Merrich Estate (Bleeno’s Bistro Restaurant)
Wat kan ek sê om dit wat ons beleef het te beskryf? Woorde is daar nie regtig nie. Dit was sooo wonderlik! DANKIE Francois en Elizabeth! Dit was ‘n ondervinding wat vir ewig in ons harte vasgemessel gaan wees. Ek glo dit was vir elkeen wat teenwoordig was, ‘n uiters besonderse belewenis.
Dankie Francois en Elizabeth - dat ons jul ‘menswees’ .. jul humor … jul vreugde .. jul liefde vir die Here en jul liefde vir mense kon beleef, indrink en geniet.
GEKA CLARKSON - Amacing Grace/Dis Net Genade Pinksterdiens - Ek wil vir hierdie 2 kinders van God sê, dankie dat julle vanoggend in Clarkson gemeente was. Julle het 'n verskil gemaak in die hele gemeente se lewe vanoggend, dit was ingrypend en hulle het voorwaarlik met gebed, liedere en boodskappe ons diepste emosies aangeraak en ons weer gevul met die liefde van God ons Vader. Mag hulle reis terug SA toe geseend wees en ek dank God dat ek en my man vandag deel kon wees van hulle boodskap en die krag van God kon voel werk in ons. Lief julle baie - Karin Prinsloo
GRACE NORTHBEACH GEMEENTE - Amazing Grace/Dis Net Genade erediens - Woorde is daar nie om dit wat ons tydens die erediens beleef het te kan beskryf nie. Dit was ‘awesome'
Francois en Elizabeth - Daar is 'n OOP DEUR voor julle (Isaiah 61:1AB) en ek weet dat ons wonderlike Vader jul van krag tot krag sal laat gaan. Mag Sy 'Presence' oor jul wees soos ‘n wolkkolom in die dag … mag Sy Goedheid, Guns, Genade, Vrede, Vreugde, Liefde, Barmhartigheid, en alles wat van Hom af kom .. jul KONSTANTE METGESEL wees op jul lewenspad. Ons is BAIE LIEF VIR JULLE. Johan en Celia.
|