Terugvoering
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Monday, December 11, 2017
[3] Visitors Currently Online
Terugvoering
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


KERS-KOORFEES SAAM MET KOLLEGEPARK EN MEER ....
Dinsdag aand 21 November om 18h30, is dit KersKonsert by die new Life Sentrum in Vanderbijlpark, saam met die Kolle

Lees Verder...


Pitkos


om te lag ...
of all the things God created, I am often most greatful He created laughter   -  Charles Swindall

Lees Verder...


Terugvoering


Lappies, Panorama
DANKIE VIR JULLE  E-MAIL.  ONS IS BLY DAT JULLE VEILIG BY JULLE TUISTE IS,  MAAR ALTYD ‘N BE

Lees Verder...

 

Terugvoering


May 24, 2011
SMS Terugvoering
Julle skyn soos sterre vir Christus. Selfs ek as man het vanoggend trane weg gevee en ‘n dikstem gekry onder die grootheid van die Teenwoordigheid van God.

Dankie  dat julle Sy stem en verteenwoordigers is in hierdie donker wêreld waarin ons getuies is Groete Adam en Marianne Gertenbach,  8 Mei, Parys

May 24, 2011
2011 Camschalk Konsert

2011 Camschalk KonsertHi Elizabeth
 
Hier is 'n foto wat die koerant outjie geneem het, vir jou plakboek.

Ek dink dit is baie oulik. IN AKSIE! Hoes DAAI? Wink

Nogmaals baie dankie vir julle profesionele gesellige optrede.
 
Alida van der Lingen
Sasolburg HH ViA


May 24, 2011
SANGDIENS: NG GEMEENTE RAYTON 17 APRIL 2011
Goeiedag Francois en Elizabeth
 
Ons vertrou dat julle veilig by die huis is en gisteraand ook 'n wonderlike aand in Bronkhorstspruit en sy mooi kerkgebou beleef het.
 
BAIE, BAIE DANKIE vir die wonderlike oggend wat julle gister met Rayton gedeel het. Hierdie geleentheid was die hoogtepunt van al die sangdienste waarby kunstenaars van buite betrokke was!    Die terugvoering van die gemeente is oorweldigend en die rede:  Hier het gister twee kunstenaars met besondere talent opgetree en ons kon dit ervaar saam met   DIE LIEFDE VIR ONS VERLOSSER JESUS CHRISTUS  WAT JULLE UITGESTRAAL HET en daarom was dit baie spesiaal.
 
Ons het huistoe gegaan met die klank van jul wonderlike stemme maar veral ook die sprankelende opregte liefde vir Jesus wat in ons harte weerklank gevind het.
 
Mag ons Hemelse Vader julle bediening van krag tot krag laat gaan.
 
Liefde
 
Almal in Rayton wat gisteroggend met 'n liefdeslied  vir JESUS in die hart huistoe gegaan het.


May 24, 2011
Sondag se Diens
Francois en Elizabeth

Graag wil ek net namens ons almal in Bronkhorstpruit julle bedank vir n wonderlike aand - ons ontvang soveel oproepe wat se dankie, dat ons net wil se danki dat julle die aand vir ons almal spesiaal gemaak het.

Graag wil ons julle net alles wat mooi is toewens.

Liefde Groete

Tonnie
Nms al die Bronkhorstspruiters


May 24, 2011
AustraliŽ !!!!!!!!!!!
Hi Elizabeth

Ek glo en vertrou dat julle ‘n baie suksesvolle toer gaan hê. Ek wens julle alle voorspoed en sterkte toe. En mag Jesus se Seën julle oral volg.

Geniet elke oomblik en ek weet die mense weet nie wat wag vir hulle met elke optrede van julle nie!!!!!!!!!!!!!

Mooi Wense

HOU JESUS SE NAAM HOOG!  

Baie liefde
Erna




Archives

 

Terugvoering
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za