Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Thursday, April 15, 2021
[1] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Lekker gesels met Maroela Media!
Hiermee dan die skakel na die artikel en sy podsending op Maroela Media wat oor die naweek by ons verskyn het: https://

Lees Verder...


Pitkos


vandag ...
Ek en jy het iets vir onsself te sê: van vandag af gooi ek die luike van my lewe oop. Nou het ek genoeg gehad va

Lees Verder...


Terugvoering


rsg, Februarie 2021
Francois en Elizabeth, Baie dankie vie julle program verlede week op RSG. Ek het my kinders vooraf laat weet en ons he

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


November 14, 2020
WAT SAL JY SE?

Hulle is oral.

Jy sal iewers uit jou motor klim of op die sypaadjie stap, dan sal een nader kom met ‘n “het Meneer nie dalk vir my daar ‘n paar los sente nie? Net ‘n twee-Randjie, my lanie”

Soms is dit ‘n man, soms ‘n vrou, soms ‘n kind. Soms gee jy iets, net om van hulle ontslae te raak. Jy is moeg vir hulle.

Ander kere probeer jy maak of jy hulle nie sien nie.

Jy stap net aan en kyk in die verte, en dink: Loop net, loop. Los my uit.

Maar dit werk nie altyd nie.

Party kom roep by jou tuinhekkie of kom klop aan die deur.

“Kan ek meneer se kar was? Ons kry swaar”.

En wanneer hy jou kar klaar gewas het, en weg is, is jou sonbril wat in die motor was, ook weg. En dan dink jy: nooit weer nie.  Maar jy kry hulle nie afgeskud nie.

Hulle treiter jou met hulle stories: “Eintlik is ek ‘n qualified boilermaker, Meneer. Ek het my pampiere. Maar toe sluit die myn mos en nou sit ek en die vrou met die twee kleintjies op straat.”

Party se stories glo jy glad nie. Ander se stories verkiés jy om nie te glo nie.

Hulle is die gewete wat jy nie wil hê nie, die vraag wat jy nie wil beantwoord nie.

Soms, veral hier in die Kerstyd, wonder jy:  Sê nou een aand is daar ‘n klop aan jou deur.

Jy gaan maak oop, en daar staan ‘n man en vrou onder jou stoeplig.  Die vrou is verwagtend. Die man is heelwat ouer as sy.  Nie een van die twee dra ‘n trouring nie.

“Ons vra slaapplek, Meneer, sê die man.  “Ons kom van ver af.  Ek kan werk…ek is ‘n carpenter. Ons het rond gevra, maar die hotel en al die gastehuise is vol….”

Sê nou dit gebeur …. Wat sal jy dan vir daardie man en vrou sê?




Archives

 

Pitkos
©2007 - 2019 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za