MY NAAM 1
Ek was spyt oor dinge van die verlede,
en ek was bang vir die toekoms.
Toe praat die Here met my en sê:
My Naam is EK IS –
Toe wag hy, en huiwer …
Ek het my asem opgehou … en toe sê Hy:
As jy in die verlede leef met sy foute en verwyte
gaan dit swaar. En Ek is nie saam met jou daar nie daar nie –
My Naam is nie EK WAS nie
As jy in die toekoms leef, met al sy onsekerhede en probleme,
gaan dit ook swaar, en EK is ook nie daarin saam met jou nie
want My Naam is nie EK SAL WEES nie.
As jy in hierdie oomblik leef, nou, vandag –
gaan dit goed met jou. Want Ek is hier.
My Naam is
EK IS |