BLAPSE IN DIE AFKONDIGINGS
· Vir alle ma’s wat kinders het en dit nie weet nie – ons het ‘n moederskamer net langs die kerk
· Die blomme in die kerk sal geskenk word aan mense wat siek is na die erediens
· Basaarafkondiging: Almal welkom! Kom gerus as jy niks aan het nie en kom deel in die pret!
· Ons gemeente gaan vanaand lekker melkskommels in die kerksaal drink. Sal alle vroue wat melk skenk asseblief reeds om 4-uur daar wees.
· Alle vroue kom Woensdag die elfde in die biblioteeksaal bymekaar vir ‘n praatjie oor die Hemel – hoe jy daar kan kom? Vervoer is beskikbaar om 7-uur vanaf die bushalte oorkant die hotel.
· ‘n Nuwe luidsprekerstelsel is in ons kerk geinstalleer. Dit is geskenk deur een van ons lidmate ter herhinnering aan sy vrou.
· Weight Watchers het weer Woensdag-aand ‘n byeenkoms in die saal. Gebruik asseblief die dubbeldeure van die sy-ingang.
"Ek sou nie graag wou Hemel toe gaan, as ek nie seker was dat God ‘n goeie sin vir humor het nie!” - Martin Luther
|