Ek vertel hierdie storie tong-in-die-kies, en deel graag die humor daarvan met julle.
Op 'n onlangse oggendkonsert vir ouer mense, word ek na die tyd gehaal om 'n tannie te gaan groet. Sy is in 'n rystoel en kan nie self na my toe kom nie, maar wil my graag iets vra, se die persoon wat my kom haal. Die tannie praat so ewe Engels ..."Oh Elizabeth, you sang so nicely!", juig die tannie. "... And Elizabeth - oh ... you danced so nicely!!" , voeg sy by ... "Elizabeth, I enjoyed the morning with all of my heart!!! " Ek is skoon oorweldig deur die tannie se entoesiastiese terugvoer. "Elizabeth, I would like to ask you something .... " Ek is die ene ore - "Elizabeth, do you perhaps sell any Kurt Darren cd's...? " |