Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Thursday, January 28, 2021
[2] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


OPPIRADIO ...saam met Haidee
Noudat ons nie fisies kan konsert hou nie, is ons opgewonde om eerskomende Vrydag aand op rsg saam met Haidee Muller te

Lees Verder...


Pitkos


vandag ...
Ek en jy het iets vir onsself te sê: van vandag af gooi ek die luike van my lewe oop. Nou het ek genoeg gehad va

Lees Verder...


Terugvoering


N G KERK LINDLEY 22 NOV
More Elizabeth, Ons gaan dalk volgende jaar weer kuier. Dit was ongelooflik en ons kan nie uitgepraat raak oor die belew

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


February 21, 2017
DIE SEEN VAN 'N BEJAARDE

Geseënd is jy wanneer jy verstaan dat my hande bewe en my voete stadig geword het.

Geseënd is jy as jy daaraan dink dat my ore nie meer goed hoor nie, en dat ek nie meer alles kan verstaan nie.

Geseënd is jy as jy weet dat my oë nie meer goed kan sien nie, as jy nie kwaad word wanneer ek 'n koppie laat val nie, of wanneer ek iets oor en oor vertel nie.

Geseënd is jy as jy my toelag; en my vra na die dae van my jeug.

Geseënd is jy as jy sagkens met my omgaan, my stille traan begryp en my laat voel dat iemand vir my omgee.

Geseënd is jy as jy langer by my bly wanneer dit orals donker word en my hand vashou wanneer ek alleen die nag moet in.

Geseënd is jy!

... wanneer ek die hemel inkom, sal ek die sterre vir jou aansteek! 

- anoniem


February 12, 2017
ek stuur vir jou

ek stuur vir jou 'n boodskap

met die grys duif op my dak

met die oostewind wat roer

in die olyfboom se tak

- freda schoeman




Archives

 

Pitkos
©2007 - 2019 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za