Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Tuesday, December 12, 2017
[2] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


KERS-KOORFEES SAAM MET KOLLEGEPARK EN MEER ....
Dinsdag aand 21 November om 18h30, is dit KersKonsert by die new Life Sentrum in Vanderbijlpark, saam met die Kolle

Lees Verder...


Pitkos


om te lag ...
of all the things God created, I am often most greatful He created laughter   -  Charles Swindall

Lees Verder...


Terugvoering


Lappies, Panorama
DANKIE VIR JULLE  E-MAIL.  ONS IS BLY DAT JULLE VEILIG BY JULLE TUISTE IS,  MAAR ALTYD ‘N BE

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


March 23, 2016
nuwe wyn

hierdie harde wynsak - hierdie wynsak oud

hierdie droe wynsak - hierdie wynsak styf, soos hout

droe pit, en donker lamp

dor en wit woestyn en sand

keuik gekraak ... en wyn verspil

fees gestaak en loflied stil

uit stok en druif die nuwe wyn

boom en olyf - die olie fyn

kruik herstel en wyn gebring

die lied vertel - die fees begin

hierdie nuwe wynsak, hierdie wynsak blink

hierdie sagte wynsak

wat due nuwe wyn kan skink

* uit: Optelwoorde van Koos van der Merwe *  


March 14, 2016
ons beperk Hom
ons beperk GOD se vermoë met ons eie verwagtinge

March 7, 2016
DIE GEKRAAKTE KRUIK

DIE WATERKAN MET DIE KRAAK IN
‘n Ou Chinese dame het twee potte gehad. Elk het aan die kant van ‘n paal gehang wat sy op haar skouers gedra het om water mee te gaan haal.
Die een pot het ‘n kraak in gehad, terwyl die ander pot perfek was en altyd sy volle kwota water kon dra. Aan die einde van die lang ent van die stroompie af tot by haar huis, was die gekraakte pot maar net halfpad vol.

Vir langer as twee jaar het die ou dame met die twee potte water huistoe gebring.
Natuurlik was die perfekte pot baie trots op sy prestasie en die gekraakte pot was skaam omdat hy nie so goed kon doen wat hy veronderstel was om te doen nie.

En na twee jaar, wat vir die gekraakte pot soos twee mislukte jare gevoel het, het hy een dag met die ou dame daaroor gepraat.
"Ek kry skaam vir myself. Die kraak in my maak dat omtrent die helfte van my water uitlek teen die tyd dat ons by die huis kom"
Die ou dame het geglimlag.
"Het jy al opgelet dat daar blomme groei aan jou kant van die paadjie en nie aan die perfekte pot se kant nie? Ek het nog altyd geweet het van jou kraak - en daarom het ek saadjies gesaai al langs die pad, en jy het hulle elke dag natgegooi soos ons terugstap huistoe.

Vir twee jaar lank al pluk ek die pragtigste blomme aan jou kant van die paadjie. As dit nie was dat jy is soos jy is nie, sou ek nooit al die vreugde van die blomme in my huis gehad nie!


March 2, 2016
Dit is die jaar van nuut begin

DIT IS DIE JAAR VAN NUUT BEGIN                                  

Dis is die jaar van nuut begin, Vader.

Agter my staan swart murasies

Om my sien ek afgebrande veld

Op hierdie puinhoop,

is daar niks waaraan ek kan vashou nie

Ek het net een versekering uit U Woord:

"Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens

Die oue is verby, die nuwe het gekom

Dit alles is die werk van God"

Here, wys my tog vanjaar dat dit waar is 




Archives

 

Pitkos
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za