DIE DUIKER SE REDDING
‘n Jong man het as ‘n ateïs opgegroei en is opgelei
as ‘n Olimpiese Duiker. Die enigste godsdienstige invloed op sy lewe, het gekom
van ‘n uitgesproke christen vriend wat hy gehad het. Die jong duiker, het nooit
regtig veel aandag gegee aan sy vriend se opgewondenheid oor sy geloof nie, al
het die vriend tydig en ontydig daaroor gepraat. Een aand het die jong duiker
na die binnenshuise swembad van die kollege gegaan om te gaan oefen.
Die ligte was almal afgeskakel, maar die gebou
waarin die swembad was het vensters in die dak gehad waardeur die maan helder
geskyn het – genoeg lig vir die jongman om te kan oefen.
Die man het opgeklim na die heel hoogste duikplank.
Toe hy sy rug op die swembad draai op die puntjie van die duikplank met sy arms
na die kante toe uitgestrek, sien hy sy skaduwee in die maanskyn teen die muur.
Die weerkaatsing was in die vorm van ‘n kruis …die man beleef ‘n eienaardige gewaarwording ,
asof iemand met hom praat …Inplaas daarvan om te duik, het hy net daar
neergekniel en vir God gevra om in sy lewe in te kom.
Net toe hy opstaan, kom ‘n werker daar verby en
skakel die sportsentrum se ligte aan.
Hulle was besig met reparasie werk ……Die swembad was dolleeg.
|